Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos hou van spannende einde

Paarl-Oos hou van spannende einde
 
2007-02-08


DIE eerste span van Paarl-Oos Krieketklub hou nou eenmaal daarvan om ’n wedstryd tot op die nippertjie uit te rek.

Nadat dié span verlede naweek vir Paarl in ’n riller met een paaltjie geklop het, het hy die afgelope naweek weer in twee spannende wedstryde vir Bergrivier en Young Peoples geklop.

Op die Weltevrede-veld het die tuisspan die loot gewen en vir Paarl-Oos ingestuur om te kolf.

Die besoekers kry 199/8 in die toegelate 45 beurte, met die laaste 11 beurte wat 88 lopies opgelewer het.

Jackie Daniels wat met sy telling op 0, 3 en 11 misgevang is, het uiteindelik 65 aangeteken en vyf grenshoue geslaan.

Hy en Zynodien Fredericks (49) wat ook op 14 misgevang is, het ’n vennootskap van 99 lopies aanmekaar getimmer.

Morné de Vries het ook ’n vinnige 22 (4x1, 6x2) in net 12 balle gemoker.

Ryan Mouton (3/32) was die enigste bouler van Bergrivier wat iets met die bal kon uitrig.

In ’n naelskou-aanloop tot uitskeityd kon Bergrivier slegs 195/9 aanteken om Paarl-Oos ’n sege van vier lopies te gee.

F Arendse (89 4x8, 6x1), Marquin Julies (38 4x1) en G Abrahams (20 4x4) het lopies gekry.

Die besoekers se beste boulers was Garth Fortuin (3/31) en Elroy Abrahams (2/26). Die span se veldwerk was ook goed met twee kolwers wat uitgehardloop is.

Paarl-Oos het die volgende dag vir Young Peoples op Daljosafat Stadion die stryd aangesê.

Peoples behaal 181/8, met Lindsy Davy (25 4x3), Edwin Jacobs (44 4x3) en Dominic Daniels (27 4x3) wat goed kolf.

Vir Paarl-Oos het Garth Fortuin (3/29) en Tiaan Cloete (2/29) met die bal uitgeblink.

Die paaltjies het met reëlmaat geval in Paarl-Oos se kolfbeurt en hulle was in 34ste beurt op 114/7. ’n Vennootskap van 60 lopies deur Elroy Abrahams (27 4x2) en Zynodien Fredericks (37nun 4x2) het die telling ’n groot hupstoot gegee, terwyl Mandred de Kock se 27 (4x2) ook help bou het aan die totaal.

Dit was egter Dennis November wat op skouspelagtige wyse die sege vir sy span verseker het. November het met die derde laaste bal van die laaste beurt ’n ses gemoker.

’n Veldwerker het die bal op die grenstou ingewag. Hy het egter met die terugtrap oor die tou getrap en die bal het deur sy hande geskiet om Paarl-Oos ’n eindtelling van 183/8 te gee.

Paarl-Oos II se wedstryd teen Bergrivier het nie Saterdag plaasgevind nie, maar die span het Sondag met gemak met Young Peoples klaargespeel.

Paarl-Oos behaal 283/8 in sy 45 beurte, met Werner Erasmus (67 4x6, 6x6), Leroy Goliath (38 4x6), Gamian Didloff (45 4x4, 6x2) en Jarod Cupido (44nun 4x4) wat groot beurte speel.

W Jacobs (3/35), Bailey (2/74) en Jarier Alexander (2/46) was Peoples se beste boulers.

Peoples kon net met 190 antwoord, met Wade October (95 4x11) wat ’n groot telling kry.

Paarl-Oos se boulaanslag is deur Shaun Solomons (2/36), Justin Watts (3/32) en Dane Schoor (4/37) gelei.

Die halfeindstryde van die eendagkompetisie word op 24 Maart gespeel, met die eindstryde wat op 31 Maart beslis word.

Saterdag speel Paarl-Oos I weg teen Worcester United in die eerste wedstryd van die Premier Skild-kompetisie. Die tweede span speel tuis teen Maties II in ’n Reserwe Premier Super Trofee-wedstryd, terwyl die derde span ook tuis teen Spes Bona speel in sy Reserwe
Platteland-liga.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za