Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier sterf in ongelukke

Vier sterf in ongelukke
 
2007-02-08


VIER mense is die afgelope naweek dood in noodlottige ongelukke op plaaslike paaie.

Saterdagaand het ’n belowende student van Boland Kollege Paarl gesterf, nadat hy beheer oor sy voertuig verloor het toe hy onderweg was na sy naweek-werk as afleweraar by ’n restaurant in die Paarl-middedorp.

Willry Futcher (19), van Skoolstraat, Noorder-Paarl, het ernstige kopbeserings opgedoen in die ongeluk wat reg voor die ingang na die Paarl gholfbaan by Boschenmeer plaasgevind het.

Hy is in die vroeë oggendure Sondag aan sy beserings oorlede.

Sy pa, William, het gesê dat alhoewel daar tans geen bewyse is nie, vermoed hy dat ’n voertuig voor Willry ingedraai het.

“Toe ek Sondagoggend die ongelukstoneel besoek het, kon ek duidelik nuwe bandmerke op die pad sien oorkant waar Willry verongeluk het, asof iemand vinning weggesnel het.

“Ek vermoed iemand het voor hom ingedraai vanuit ’n plaaspad. Toe Willry gekoes het vir die voertuig het hy heel waarskynlik die gruis langs die pad getref en beheer verloor.

“Sy motor het tot aan die anderkant van die pad gerol.

"Öns wil baie dankie sê aan die twee vroue wat stilgehou het en vir Willry gehelp het."

Willry het verlede jaar gematrikuleer by Hoërskool Labori, waar hy ’n reserwe was vir die o.19A rugbyspan. Hy het so pas bemarkingsbestuur begin studeer by Boland Kollege.

Hy word oorleef deur sy ouers, William en Ora, asook ’n broer, Shaun (26) en suster, Natasha (28).

Willry se begrafnis vind môre om 12:00 plaas by die NGK Paarlberg in Noorder-Paarl.

Enigiemand wat die ongeluk sien gebeur het kan vir insp Auckland Losper skakel by 021-807-4000.

* In nog ’n tragiese ongeluk is drie mense van Mitchellsplein dood en vyf beseer nadat hulle Toyota Hilux-bakkie Sondagoggend op die N1 naby Klapmuts gerol het.

Die insittendes was onderweg na Mitchellsplein nadat hulle ’n 21ste verjaarsdagpartytjie in die Paarl bygewoon het.

’n Passasier wat nouliks die dood ontsnap het, het gesê dat die bestuurder na sy mening baie vinnig gery het en toe skielik in ’n ander voertuig vasgejaag het.

“Ek het net ’n harde slag gehoor en toe trek ons deur die lug. Nadat ons weer grond gevat het, het die motor begin rol.”

Die oorledenes is Malcom de Grill, Edward Alfons en Selwyn Thysma, almal van Mitchellsplein.

* Four people died in car accidents on local roads over the weekend. - Lise Beyers



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za