Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rekords ploeg

Rekords ploeg
 
2007-02-08


DIE jaarlikse Uitnodigingsbyeenkoms van die Hoër Jongenskool Paarl het vanjaar oudergewoonte skitterende atletiek opgelewer.

Die byeenkoms het vyf nuwe rekords opgelewer met die gees en ondersteuning van die toeskouers wat die atlete aangevuur het.
Ilse Liebenberg van Paarl Gimnasium is die enigste meisie wat ’n rekord kon verbeter.

Haar sprong van 5,56m in die o.19 ouderdomsgroep was heelwat verder as die vorige rekord van 5,41m. Dit het haar 762 punte op die Absa-tabel besorg.

Onder die seuns het drie atlete van plaaslike skole rekords verbeter.

Die Gimmies Jaco Joubert en RJ Kellerman het in die seuns o.17 ouderdomsgroep die rekords in onderskeidelik die spiesgooi en gewigstoot verbeter.

Joubert het die spies 63,12m (OR 61,52m) ver gegooi, terwyl Kellerman die rekord van 15,42m na 16,52m verbeter het.

Die gasheerskool se Lionel Abrahams het die verspring-rekord in die seuns 15 jaar van 6,29m na 6,34m verbeter.

Paul Roos Gimnasium se Wilhelm van der Vyver het in die s.19 ouderdomsgroep die 100m in 10,5s afgeblits vir 938 Absa-tabelpunte.
Die vorige rekord was 10,8s.

Liebenberg en Abrahams het die pryse ontvang vir die beste vertoning in ’n veld-item, terwyl Van der Vyver en Jean-Marie Senekal (Paarl Gim, 100m m.15 13,1s) die pryse vir die beste baan-prestasies ontvang het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za