Spesiale skool brei uit
2005-05-12
DIE Ligstraal Skool in die Paarl is ’n toonbeeld van inisiatief en kreatiwiteit.
So het Jannie Beukes, direkteur van die Weskus/Wynland Obos, gesê by die onlangse inwyding van twee nuwe klaskamers by hierdie skool vir gestremde kinders.
Die klaskamers, ’n handwerk- en ’n arbeidslokaal, is deur die skool befonds en gebou. Dit het hulle R316 000 gekos.
Beukes het die skool geloof vir hul harde werk en genoem dat hulle sedert 1987 reeds R566 000 eiehandig ingesamel het.
“Dit is nou buiten die geld vir twee 22-sitplek bussies en ’n bakkie, wat hulle ook bymekaar- gemaak het.”
Sedert 1991 het die skool ’n verdere R264 000 geïn deur vennootskappe met die private sektor te sluit.
In 2003 het die skool tweede geëindig in die nasionale onderwystoekennings en R13 000 gewen. Dit is gebruik vir opvoeder-ontwikkeling en leermateriaal.
John Lyners, adjunk-direkteur-generaal Operasionele Onderwysbestuur, het gesê dit is duidelik dat die skool ’n verbintenis het om ’n verskil te maak in leerders se lewens.
Hy het dit beklemtoon dat leerders die kans gegun moet word om hulle volle potensiaal te bereik en ’n bydrae in die gemeenskap te maak.
* A local school has added additional classrooms with private funding.
More
News
|