Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou vermoor in Pniel-rooftog

Vrou vermoor in Pniel-rooftog
 
2007-02-08


DRIE mans is Maandag in hegtenis geneem na die koelbloedige moord op ’n joernalis in Johannesdal naby Pniel.

Die voorval het vermoedelik Sondagnag plaasgevind toe Sandra Wilson van Johannesdal in haar huis deur onbekende mans oorval en aangerand is.

Toe Wilson, ’n joernalis by die Natural Medicine joernaal,
Maandagoggend nie by haar kantoor in Stellenbosch aangekom het nie en ook nie haar telefoon beantwoord het nie, is haar bure geskakel om te vra of hulle weet waar sy is.

Dit is toe dat daar op die grusame toneel afgekom is.

Wilson is verwurg en vermoedelik verkrag voordat die verdagtes haar huis vir waardevolle goedere gestroop is. Hulle het met haar bakkie van die toneel gevlug.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat die hele gemeenskap van Johannesdal geskok is oor die moord en dat daar ses jaar laas so ’n voorval in dié rustige dorp plaasgevind het.

Lede van die Groot Drakenstein polisie het alle moontlike leidrade opgevolg en drie plaaslike verdagtes is Dinsdagoggend aangekeer.

Die mans, ouderdomme 18, 21 en 47, verskyn, vanoggend in die Stellenbosch Landdroshof.

* Three men have been arrested after the slaying of a Johannesdal woman during a burglary.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za