Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Misdadigers sluip noord

Misdadigers sluip noord
 
2007-02-15


SONDER die oë en optrede van die Buurtwag in Noorder-Paarl het misdadigers vinnig daar begin insluip.

Die afname in ledesyfers het veroorsaak dat Noorder-Paarl Buurtwag alle patrolliedienste sowel as die noodnommer die einde van Januarie gestaak het.

Binne ’n week is daar by sewe voertuie ingebreek, het die koördineerder van die buurtwag, Robert Larke, gesê.

“Die eerste huisbraak het reeds op die eerste dag van die afskaffing van patrollies plaasgevind, dit teenoor die twee huisbrake en twee voertuigdiefstalle wat gedurende ses maande van buurtwag-optredes
plaasgevind het.”

Larke het inwoners aangeraai om te registreer en hul naam op die buurtwag databasis aan te bring sodat patrollies weer hervat kan word.

Voordele sluit in SMS verbinding wanneer lede met vakansie is en hul huise besoek word, die omsien na troeteldiere en tuine, gratis wagte tydens inbraak wanneer uitstedig en ’n twee minute gewapende reaksie 365 dae van die jaar.

’n Finale besluit oor die afskaffing van die Buurtwag sal volgende week, op 20 Februarie, geneem word.

Alarmkliënte en besigheidswagte wat deur Larke voorsien word, word nie deur die verwikkelinge geraak nie. Kontak Larke by
anrob@mweb.co.za of by 083-460-3393.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za