Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mosdrinkery dodelik

Mosdrinkery dodelik
 
2007-02-15


’n GEKUIER in die wingerd het noodlottige gevolge gehad vir ’n plaaswerker van Wellington.

Robert April (36) van die plaas De Kleine Valleij in Bovlei het op pad na die hospitaal gesterf. Die oorsaak van sy dood word deur die polisie ondersoek.

Volgens sy weduwee, Ragel, het Robert nog saam met haar na die Bainskloofpad gestap toe sy verlede Sondag ’n geleentheid kerk toe gekry het.

Hy het daarna saam met vriende in ’n sloot langs ’n wingerd mos gedrink wat hulle self gebrou het.

“Toe ek by die huis kom, het ons dogtertjie my geroep dat haar Daddy nie lekker is nie. Ek het gedink hy slaap, maar toe lyk dit of hy wil braak.

“Ek het hom omgedraai en toe sien ek sy maag staan so ’n knop. Die buurman het gehelp om hom hospitaal toe te neem, maar hy is op die bakkie dood.

“Later het ek gehoor die manne was met ’n speletjie besig. Hulle voete is vasgemaak, maar die ander het hulself losgemaak. Robert het in die son agtergebly. Een van hulle het later ’n mes kom haal om vir Robert los te sny.

“Toe help hulle hom huis toe.”

Ragel en haar drie kinders, 22, 18 en sewe jaar oud, is nou sonder die broodwinner van die gesin.

“Ek voel baie hartseer. Robert het goed vir ons gesorg. Ek is ’n gelowige mens en dis nie reg wat die manne doen nie. Die boer het gesê hulle moet nou klaarmaak met dié goed.”

* A Wellington farm worker died after drinking fermenting grape juice.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za