Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Forensies kniehalter pa

Forensies kniehalter pa
 
2007-02-15

Malané Bosman

DIE moordsaak teen ’n pa van Paarl-Oos wat daarvan aangekla word dat hy sy dogtertjie in 2005 verkrag en vermoor het, is weer deur forensiese getuienis gekniehalter.

Shaun Arendse (23) van Impalastraat, Chicago, verskyn in die Kaapstadse Hooggeregshof.

Die jong pa is op 21 Mei voor die Paarl Hospitaal in hegtenis geneem kort nadat sy baba, Cameron Chordnum (2), dood gesertifiseer is.

Sy is die oggend leweloos uit sy bed gehaal.

Arendse het om borgtog aansoek gedoen, maar landdros Genie Jacobs het dit geweier, omdat DNA-toetse nie volledig was nie.

Ook verdere toetse, op haarmonsters waarvoor Arendse sy hare moes laat groei, was nie genoeg oorreding om borg te verseker nie.
Arendse het handewringend in die Paarl landdroshof gepleit om borgtog.

“Ek wil buite wees om by my kind se graf te kan kom,” het hy aangedaan gesê. “Ek was lief vir haar.”

Hy het aan die hof verduidelik dat hy vyf jaar lank ’n verhouding met Cameron se ma gehad het, maar dat hulle nie saamgewoon het nie, want “haar ouers sou dit nie toelaat nie”.

Die baba het naweke op haar eie versoek, en met die verlof van haar moeder, Rozanne, en grootouers, by hom gebly.

Arendse se gesin stry sedert die inhegtenisname om sy onskuld te bewys.

“Ons weet wie die regte moordenaar is,” beweer hulle.

Verklarings is afgelê wat vinger wys na ’n skoonmaker by ’n skool in Paarl-Oos, ’n man wat glo ’n verhouding met die dogtertjie se ouma, Winnie Arendse, gehad het.

Hy sou die aand van die aanval glo ’n tydjie alleen saam met klein Cameron gewees het.

Arendse was dié nag saam met sy suster by ’n kuierplek in Paarl-Oos. Hy het met sy tuiskoms om 03:30 glo die kind agter sy ma se rug gaan haal en na sy eie bed geneem.

Die hofsaak is tot 30 Julie uitgestel omdat die DNA-kenner wat in die hof moet getuig, tans in die buiteland is.

Nog ’n rede tot vertraging is om ’n nuutaangestelde regshulpadvokaat die geleentheid te gee om sy saak voor te berei.

* A young father accused of raping and murdering his two-year-old daughter in Paarl East, has appeared in the Cape High Court.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za