Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verdagtes voor vir Pniel-moord

Verdagtes voor vir Pniel-moord
 
2007-02-15


DIE drie mans wat aangehou word in verband met die gru-moord op 地 joernalis in Pniel, sal vandag weer in die Stellenbosse Landdroshof verskyn.

Dawid Beukes (18), Patrick Fredericks (21) en Pieter Abrahams (47) van Pniel en Stellenbosch is Dinsdagoggend in hegtenis geneem na die moord op Sandra Wilson.

Wilson se halfnaakte lyk is Maandag langs haar bed gevind met 地 elektriese koord om haar nek. Daar word vermoed dat sy ook verkrag
is.

Die rowers het die huis geplunder vir waardevolle goedere waarna hulle met haar wit Nissan bakkie gevlug het.

Wilson, wat vir 地 mediese joernaal op Stellenbosch gewerk het, het reeds ses jaar lank alleen in die skakelhuis op 地 kleinhoewe in Johannesdal gewoon.

Toe sy Maandagoggend nie by haar werkplek opgedaag het nie en ook nie oproepe beantwoord nie, is haar bure gevra om na haar te
soek.

In 地 gesamentlike soektog tussen lede van die Groot Drakenstein en Stellenbosch polisie is drie verdagtes op 地 plaas naby Vlottenburg in hegtenis geneem. Wilson se bakkie is in hul besit gevind.

Twee van die verdagtes het vorige veroordelings teen hulle van roof, huisbraak en diefstal.

Al drie staar nou klagtes van moord, diefstal van 地 motorvoertuig en huisbraak in die gesig.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za