MXit het dit net
2007-02-15
LESERS se SMS kommentaar op die berig oor selfone op skool:
* My 12-jarige dogter beskik nie oor MXit nie en haar maats spot haar daaroor, want sy is nie “in” nie. S dos Santos
* Maak ’n reël dat selfone voor skooltyd ingehandig word en neem dit as daar nie daarby gehou word nie. Boland Landbouskool ouer
* Ek is net jammer ek het nie nou geld het om in die MXit maatskappy te belê nie. Kinderloos
* Ek rus, vandat ek my kind se MXit geblok het, uiteindelik in vrede. Dankbaar
* MXit gaan versoorsaak dat ons nageslagte ellelange duime ontwikkel. Bekommerd
More
News
|