Uitstekende diens
2007-02-15
ONS wil graag erkening gee aan die uitstekende diens wat ons van die personeel van die Woolworths tak by Paarl Mall ontvang het. Die name van Donovan Carollissen en Mariaan Marquard dien gemeld te word.
By die aanvang vanjaar het ons ‘n groot funksie beplan - ons 40ste huweliksherdenking.
Ons het reeds in Desember ‘n sekere wit roos genoem “timeless” by die Woolworths se tak by Tygervalllei winkelsentrum bestel. Tot ons grootste teleurstelling kon hulle nie daarin slaag om die rose van die verskaffers te kry nie.
Ons het daarna met Woolworths Paarl Mall kontak gemaak. Na baie moeite het die twee genoemde personeellede ‘n dag voor die funksie daarin geslaag om die blomme te kry.
Ons is opreg dankbaar vir hulle moeite en die besonder toewyding wat hulle aan die dag gelê het. Danksy hulle was die funksie ‘n reuse sukses.
Sam en Edna Pick
More
News
|