Boland-Landbouers wys hakskene vir Oakdale
2007-02-15
DIE Hoër Landbouskool Boland het onlangs vir Oakdale kafgedraf in die twee skole se jaarlikse atletiek-interskolebyeenkoms.
Die manne van die Agter-Paarl het op sy tuisveld in ’n naelbytstryd die Riversdallers met ’n skamele vyf punte geklop.
Dit was van die begin af duidelik dat die besoekers die bordjies wou verhang, maar die Bolanders het enduit vasgebyt om met 730 punte teenoor 725 te wen.
Veertien nuwe rekords is tydens die byeenkoms opgestel, met slegs drie deur Boland Landbouers.
Die drie atlete is o.15 Kyle Jacobs (o.15 300mH 42,80s), o.17 Deon Kotze (o. vs 6,37m) en Hugo Schreuder (o.19 hs 1,87m).
More
News
|