Tragiese skoolveld
2007-02-15
WAT ‘n tragiese gesig is die sportveld van Bergrivier Sekondêr nie! Die ontwikkelingsprojek met R900 000 se publieke geld (Lottogeld) is absoluut gemors op ‘n terrein wat erger lyk as voordat daar begin is met die wonderlike projek.
Die betrokke Beheerraad wat die projek begin het, moet verantwoordelik gehou word. Hulle het of te min begroot vir die projek, geen kontrole gehad nie of het iemand ‘n geskenk ontvang van die ontwikkelaars?
Die skoolhoof se antwoord dat skoolgelde nie betaal word nie, is onbevredigend. Daar kan nie instandhouding wees van ‘n fasiliteit wat nog nie eens gebruik is en nie voltooi is nie.
Die tuindiensfirma wat deur die huidige beheerraad aangestel is om die instandhouding te doen, sal ook hul somme moet reg maak, want daar groei tans nie “lawn” nie, maar boompies wat vinnig groot word. Lyk my bome is gesaai en nie gras nie.
Nee Bergrivier, dit is ‘n skande. Die seer word by die dag erger.
BR 35
More
News
|