Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jammerlike diens by burgersentrum

Jammerlike diens by burgersentrum
 
2007-02-15


ONS as belastingbetalers is nou moeg vir sommige amptenare van Drakenstein Munisipaliteit wat totaal onbevoeg is en weens hul swak diens veroorsaak dat eiendomsoordragte vertraag word.

Vroeg in Desember verlede jaar is ‘n aansoek om uitklaring van ‘n eiendom dat alle munisipale gelde betaal is, aan die Departement Finansies gefaks.

Genoemde aansoek word ook oor die toonbank per hand afgelewer en die betrokke bedrag uitstaande tot en met 30 Junie 2007, word ook aan die Munisipaliteit betaal.

Gedurende Januarie word navraag gedoen aangaande die syfers en die aansoek.

Soos soveel ander kere, word ontvangs daarvan ontken en word ‘n rit vanaf Wellington spesiaal afgestaan na Drakenstein Munisipaliteit in die Paarl, om die aansoek weer per hand af te lewer - dié keer in die bekwame hande van me Nicolette Bell.

Sy spring dadelik aan die werk om hierdie dokumente afgehandel te kry en stuur dit aan die verskillende persone wat kommentaar moet lewer en so was die uitklaringsaansoek op 6 Februarie voltooi - bykans twee maande na die eerste aansoek, talle oproepe en spesiale ritte na Paarl.

Die hoof van die betrokke afdeling moes die laaste dokumentasie teken en daar word gereël dat dit 12:00 op 6 Februarie gereed sal wees.

Na verskeie telefoonoproepe van my kant om dit te bevestig, word daar weer ‘n spesiale rit na Paarl aangepak. Daar aangekom word die Uitklaringsertifikaat aan die bode oorhandig, maar by die kantoor aangekom is die waardasiesertifikaat nie aangeheg nie.

Ek skakel die Munisipaliteit. By die meeste uitbreidings waarna ek deurgeskakel word, is daar geen antwoord nie.

Ek eis by ‘n senior amptenaar dat hy 'n verkeersbeampte uitstuur na Wellington om die Waardasiesertifikaat by ons kantore af te lewer aangesien ek binne 20 minute na Kaapstad sou vertrek om die dokumente aan die Korrespondente te lewer vir indiening by die Aktekantoor.

Na 45 minute het ek nog niks gehoor nie - ek skakel die kantore, maar dis alweer etenstyd.

Watter jammerlike agteruitgang sedert die flink diens wat vroeër jare by Wellington Munisipaliteit gelewer is.

Kopers en verkopers van eiendom weier om te glo dat daar sulke onbevoegdheid bestaan en dat dit die rede is dat eiendomstransaksies lank neem om te registreer.

In die Paarl is daar klaarblyklik geen beheer, spoed, akkuraatheid of bevoegdheid nie. Verdien hierdie mense regtig hul blink voertuie en vet salarisse?

Bitter ontevrede Wellingtonner



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za