Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom trap vir welsyn

Kom trap vir welsyn
 
2007-02-15


DIE Wilde Fietswedren wat op Saterdag 24 Februarie plaasvind, samel vanjaar weer fondse vir welsyn.

Die wedren, wat reeds vir die tweede agtereenvolgende jaar op Wellington plaasvind, is ’n fondsinsamelingsinisiatief van die Pacmar Vrugtesapmaatskappy en die Wellington Lionsklub.

Alle fondse sal aangewend word vir die Wellington Lionsklub se bejaardesorg- en skole projekte, die Dierebeskermingsvereniging en ‘Operation Bright Sight’ wat mense met katarak-probleme uit die plaaslike omgewing bystaan.

Vanjaar word ’n nuwe liga-afstand van 103km ingestel vir ernstige fietsryers, maar vir diegene wat dit sou verkies, is daar ’n korter wedren oor 42km.

Beide wedrenne is vinnig en strek oor gelykgrond soos dit deur die skilderagtige Boland-omgewing kronkel.

Die geleentheid beloof om ’n prettige dag vir die hele gesin te wees met ’n rits kosstalletjies wat honger toeskouers en deelnemers met iets te drinke en te ete sal voorsien.

Die wedren begin by die Pacmar Vrugtesapfabriek in die nywerheidspark geleë op die R44 net buite Wellington.

Inskrywingsfooie wissel tussen R50 en R110 en die eerste 500 deelnemers oor die wenstreep ontvang geskenkpakkies.

Navrae: Andre Gilliland (082-577-7466) of gilliland2@telkomsa.net.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za