Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stoumann soek drie uit drie

Stoumann soek drie uit drie
 
2007-02-15


DIE Paarl tweekamp-atleet, Martie Stoumann, het weer sukses geproe tydens die onlangse WP Duokampkampioenskap.

Stoumann het die afdeling vir vroue 35-39 jaar in ’n tyd van twee uur 39 minute gewen en was vierde algeheel in die vroue-afdeling.

Atlete moes 10km gehardloop, 40km fietsgery, en ’n verdere 5km hardloop.

Haar prestasie het haar ’n plek in die WP-span besorg wat later vanjaar in Pretoria gaan deelneem.

Stoumann het ewe veel sukses behaal in die WP
Driekampkampioenskap wat ’n paar weke gelede by Club Mykonos op Langebaan gehou is.

“Dit was ’n ongelooflike goeie wedloop,” vertel Martie.

“Ek was seker so tiende uit die water van die vrouens. Op die fiets het ek sterk getrap aangesien dit my sterkpunt is en het ’n paar plekke opgemaak.”

Toe sy van haar fiets afklim, was sy die eerste atleet in haar ouderdomsgroep, met ’n uur en 38 minute wat reeds verstryk het.

Die wedloop is oor 40km beslis.

Stoumann het sterk gehardloop om haar plek as voorloper te behou, maar is sowat 2km voor die wenstreep ingehaal.

Sy het uiteindelik vierde geëindig, met ’n baie goeie tyd van 2:34.

Toe die WP Driekampspan verlede week bekend gemaak is, was Stoumann die enigste senior atleet van die Paarl wie se naam genoem is.

Martie neem op 7 Maart deel aan die Boland
Tweekampkampioenskap en beoog om gekies te word vir die Boland Tweekampspan wat aan die SA Kampioenskap gaan deelneem.

Sou Stoumann dié span haal, sal dit ’n besonderse prestasie wees aangesien sy binne ’n bestek van ses maande provinsiale kleure ontvang het in drie verskillende sportsoorte.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za