Paarl-Oos trap Worcester
2007-02-15
DIE eerste span van Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag weer ’n goeie sege oor Worcester United behaal.
Ten spyte van die feit dat die Paarliete laat in Worcester opgedaag het vir sy eerste Premierliga Skild-kompetisie en met een beurt deur die tuisspan gepenaliseer is, het hulle 223/9 aangeteken.
Die besoekers se beste lopiemakers was Kurt Julies (57 4x9), Elroy Abrahams (37 4x2, 6x2), Jackie Daniels (32 4x4) en Bjorn Hollenbach (20 4x3).
Die tuisspan se beste bouler was Nolan Loff met syfers van 5/66.
Worcester United word reeds in die 46ste beurt vir 125 uitgeboender, met slegs Selwyn Pretorius (28 4x3) en James Albanie (23 4x5) wat lopies kry.
Die groot angel in Paarl-Oos se boulaanval was Elroy Abrahams (5/19 in 15 beurte). Hy is goed ondersteun deur Waylin September (2/52 in 15bb) en Daniels (2/7 in 3bb).
Saterdag speel Paarl-Oos I weg teen Bergrivier, terwyl die tweede en derde spanne tuis teen onderskeidelik Young Peoples en Maties te staan kom.
More
News
|