Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaswerkers kan inskryf

Plaaswerkers kan inskryf
 
2007-02-15


PLAASWERKERS in die Bergrivier-omgewing kan weer gereed staan om aan die Plaaswerker van die Jaar-kompetisie deel te neem.
Dié kompetisie word geborg deur Sanlam en die Wes-Kaapse Departement van Landbou om aan plaaswerkers erkenning te gee vir hul kundigheid en knap werk.

Deelnemers kan meeding in die kategorieë Besproeiingspesialis, Tegniese Operateur, Algemene Werker, Administratief, Junior Bestuur, Middelbestuur en Senior Bestuur.

Die uitdunne behels onder meer ‘n onderhoud met elkeen van die plaaswerkers deur ‘n paneel van objektiewe en kundige beoordelaars.

Buiten vakgebiedverwante vrae, is die onderwerpe wat gedek word onder meer transformasie, finansiële bestuur, produktiwiteit, misdaad, toekomsplanne en die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die wenners van die eerste, tweede en derde plekke in elke kategorie sal elk ‘n kontantbedrag as prys ontvang.

Die wenners van elke kategorie kry dan ook die geleentheid om later in die jaar teen die ander streke om die provinsiale louere mee te ding.

Doen navraag by Cerina Kruger by (021) 872-1438 vir meer inligting en inskrywings.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za