Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nasionale toekenning vir motorhandelaar

Nasionale toekenning vir motorhandelaar
 
2007-02-15


CITRONA MOTORS op Wellington is aangewys as plattelandse handelaar van die jaar 2006 deur die Ford Motormaatskappy van Suid-Afrika.

Citrona Motors staan onder leiding van die handelaarshoof, Bennie Wiggins.

Hierdie toekenning verleen erkenning aan die feit dat Citrona Motors hul kliënte as een van hul belangrikste bates beskou.

Die besigheid probeer voortdurend om die kommunikasie tussen hulle en hul kliënte te verbeter om sodoende te verseker dat die hulle die kontak met Citrona as ‘n positiewe en aangename ervaring sal onthou.

Citrona Motors is tans die enigste nuwe motorhandelaar in Wellington en lewer ‘n eenstop-diens aan kliënte deur die verkoop van nuwe Ford en Mazda produkte, tweedehandse motors en onderdele asook die bedryf van ‘n werkswinkel.

Volgens Bennie Wiggins speel die eerste ervaring en tevredenheid van die kliente ‘n deurslaggewende rol in die skep van ‘n lojale kliëntebasis wat terugkeer na die besigheid vir verdere transaksies.

“Ons vra onsself daagliks die vraag of die kliënte heeltemal gelukkig is met die diens wat hulle van ons gekry het.

“Die kliënt is eintlik my werkgewer - hy of sy besluit of daar verder met ons of liewer elders besigheid gedoen sal word en uiteraard is die kliëntedienservaring ‘n bepalende faktor in ons besigheid”, sê Wiggins.

“Ons kliënte is ons beste leermeesters en ons luister graag na enige voorstel om dienslewering aan ons gemeenskap te verbeter.

“Die besigheid is al 65 jaar lank deel van Wellington en ons is trots daarop om hierdie toekenning in ‘n groeipunt van die Boland te kan verdien.

“Ons wil ons opregte waardering uitspreek teenoor alle besighede en individue wat ons ondersteun en wil vir hulle graag die versekering gee dat ons nog harder gaan probeer om hul ervaringe nog meer positief te maak.

“Ons is baie trots daarop om hierdie toekenning namens alle besighede op Wellington te ontvang as bewys van ons vermoë om mededingend te kan kompeteer, met die nodige professionaliteit en kundigheid om ons plaaslike mark te bedien met die diens en produkte wat hulle met reg verdien.”



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za