Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunskalender

Kunskalender
 
2007-02-15


Aandklasse: Beginners en gevorderde model-tekenklasse word ook nou beplan vir die Jack Meyer Kunssentrum in die Paarl. Marieke Kruger, grafiese kunsonder-wyseres, bied tans klasse in beginners teken en drukkuns (Woensdae 18:00 - 20:00) en gevorderde model teken (Donderdae dieselfde tyd). Minique de Waal sal tekstielklasse aanbied, Donderdae van 18:00 tot 20:00. Vir meer inligting, skakel die sentrum by 021-872-2095, Marieke by 072-470-2074 of Minque by 083-793-3247.

Kerskoor: 'n Kompetisie vind Sondag om 10:00 plaas op Bolandpark in die Paarl. Plaaslike orkeste Wellington Crusaders en Royal Stars sal hulle staal wys teen vyf ander orkeste uit die Skiereiland. Kaartjies is R10 (R5 vir kinders) by lede of skakel 083-556-8626. Bring ’n piekniekmandjie of koop u verversings daar.


Cultivaria: Die Cultivaria fees (20-24 September) soek na ’n voorblad ontwerp vir die Cultivaria tydskrif. Kunstenaars van Drakenstein word gevra om voorstelle in foto-formaat in te dien vóór 23 Februarie. Die organiseerders nooi ook alle skole, kerke en organisasies om by die fees betrokke te raak deur produkte of dienste te verskaf. Kontak Heinrich von Wielligh (021-872-9754) of info@cultivaria.com.

Keltiese harpspeler: Sunita Staneslow van Israel en ’n kenner van die Keltiese harp, tree Sondag by die Hugo-Lambrechts-musieksentrum in Parow op. Sy lei om 15:30 ’n werkswinkel en om 18:00 tree sy op in ’n uitvoering van betowerende Keltiese musiek verweef met volksmusiek. Skakel Jane Theron by 021-689-8345 vir meer inligting.

Oude Libertas: Die gewilde DNA Strings tree saam met Zamar op, op 21, 22 en 23 Februarie om 20:15 op.

La Motte concert: On 24 February, Beau Soleil Piano Quartet performs with Farida Baccarova (violin), Marina Louw (viola), Cherly de Havilland (cello) and Sandra Kettle (piano). Concert starts at 19:00 in the historic cellar on La Motte, R45 Main Road, Franschhoek Valley. Admission: R110 with Angela on 021-876-3119 or at the La Motte tasting venue. Visit www.la-motte.com.

Rockfees: Audiomatik Events hou die Ramfest op 2 en 3 Maart by die Nekkies vakansie-oord op Worcester. Ramfest bring twintig van die land se top rock kunstenaars en bands bymekaar vir n fees van harde rockmusiek. Die Saterdag gaan almal daar bevoorreg wees om een van die eerste Battery 9 gigs in ’n baie lang tyd te sien, en voor dit gaan Fokofpolisiekar, ManInSuit en 12th Avenue die stage sommer baie warm maak. Kaartjies is R149 vooraf of R169 by die deur - dit sluit kampeerplek en alles in. Vir meer inligting: www.audiomatik.co.za of www.myspace.com/ramfestival.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za