Konsert vir seun
2007-02-15
DIE Paarlse sangeres Marissa van Zyl bied op Dinsdagaand 27 Februarie ‘Wind beneath my Wings’ aan in Paarl Gim se ouditorium.
Die tema is inspirasie en alle fondse ingesamel is ten bate van die verlamde skolier Eon Pace.
Op 1 Oktober verlede jaar het dié 14-jarige seun se hele lewe verander toe hy met sy kop in ’n sandbank vasgeduik het en ’n nekwerwel gebreek het.
Sedertdien is hy van die nek af ondertoe verlam, hoewel hy al sy arms kan gebruik.
Kom luister na Marissa, met gasoptredes deur Jonelia van Tonder en Jaco Stander.
Kaartjies teen R30 is beskikbaar by 083-413-0119.
More
News
|