Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Clegg en Freshlyground

Clegg en Freshlyground
 
2007-02-15


DIE Paarlse amfiteater gaan op Saterdag 10 Maart vanjaar weergalm met die klanke van die wêreldberoemde Johnny Clegg.

Die vertoning word geopen deur die bekende groep Freshlyground, wat onlangs ’n MTV-toekenning ontvang het vir beste groep in Afrika. Hulle is bekend vir treffers soos Doo bee doo.

Behalwe vir die verhoog wat spesiaal vir die geleentheid gebou word gaan daar ook ’n totaal van 12 ton se klank- en beligtingtoerusting gebruik word. Dié toerusting kom spesiaal uit Johannesburg.

Clegg gaan soos in die verlede, toe hy die amfiteater geopen het na 30 jaar se ongebruik, die skare op hul voete hê met treffers soos Impi en Kilimanjaro.

“Daar is geen manier hoe jy kan bly sit terwyl jy na Johnny en sy orkes luister nie,” sê organiseerder Gerhard Meyer.

Konsertgangers word versoek om die piekniekmandjies en drankies by die huis te los. In ruil hiervoor sal hulle soos in die verlede kan uitsien na heerlike kos en wynstalletjies wat al van 16:00 sal oop wees vir besigheid, asook baie streng sekuriteit vir almal se veiligheid.

Die kaartjies is beskikbaar by Computicket en wissel tussen R100 en R150.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za