Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wingerdfees se plakkate raak weg

Wingerdfees se plakkate raak weg
 
2007-02-15


DIT lyk asof die Wingerdfees wat in Maart plaasvind reeds so gewild is dat hul plakkate op ’n streep gesteel word.

Verlede Donderdag is sowat 100 glansplakkate teen lamppale vanaf Suider-Paarl tot Noorder-Paarl opgehang, net om letterlik oornag te verdwyn.

Pieter van Zyl, mede-organiseerder van die Wingerdfees, sê dat so vinnig as wat die plakkate opgehang word, word hulle weer afgehaal.

Dit sluit in plakkate van Kurt Darren, Juanita du Plessis, Thys die Bosveldklong en Nicholis Louw.

“Ons het deur die regte kanale gegaan en toestemming van die Munisipaliteit ontvang om hulle in die dorp op te hang.

“Dit is ’n groot verlies vir ons, want een so ’n plakkaat kos amper R20. Maal dit met ’n honderd dan is dit nie geld wat versmaai kan word nie.”

Van Zyl vra dat lede van die publiek wat graag een van die plakkate wil hê, moet wag totdat die fees verby is. Dan kan hulle hulself help.

’n Klag van diefstal is gelê by die polisie. Mense met inligting kan die polisie skakel by 021-807-4000.

Oor net bietjie meer as twee weke is dit tyd vir die Paarl Wingerdfees - die fees met gees. Die organiseerders sê hulle ondervind ongekende belangstelling.

Die fees vind op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart in die Faurestraat-stadion plaas.

Koop jou kaartjies sommer nou reeds en maak seker jy is daar.

Toegangskaartjies teen R80 (studente R50, kinders R40) is beskikbaar by Computicket, Mulder Properties (langs Meulstraat Biblioteek), Musiklood, Pêrel Sport, Paarl Rugbyklub, Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Gimnasium en op Wellington by Jackie, 082-874-4026.

Spesiale VIP-kaartjies teen R250 per dag is ook beskikbaar.
Vrydag maak die hekke om 15:00 oop en die program begin om 18:00 met Alana, gevolg deur die Jakkie Louw Band (19:00), Kurt Darren (20:15), Nicholis Louw (21:45) en Christo & Cobus (23:00), wat tot 24:00 optree.

Saterdag open die hekke reeds om 10:00.
Die hoofprogram begin om 18:00 met Hugo & Orkes, die Campbells (19:15), Juanita du Plessis (20:30), Thys die Bosveldklong (21:45) en Jakkie Louw Band (23:00).

Buiten die hoofverhoog, sal daar Saterdag vanaf 11:00 ook ’n tweede verhoog wees met Boere Orkes, Ronnie Apollis (12:20), Louisa (13:15), Waldo (13:50), Alana (14:25), Dikazzinz (15:15),
Hoppalongcasidy (15:55), Dikazzinz (16:30) en Vosa Reyneke (17:05).

Vir navrae, skakel Leoni by 082-728-9729. Vra haar ook oor die Saterdag se potjiekoskompetisie.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za