Nuut op die mark
2007-02-15
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep vergader op Woensdag 21 Februarie om 19:00 in die Holy Trinity-kerksaal in Hoofstraat, Paarl.
Nuwe produkte geskik vir diabete is die onderwerp en verskeie verskaffers sal produkte bekend stel.
Bring ook enige diabeet en/of metgesel en belangstellende saam. Nuwe diabete is ook baie welkom.
Bywoning is gratis en pryse kan ook gewen word.
Vergaderings is elke derde Woensdagaand van die maand en die jaarprogram is onderhewig aan verandering op kort kennisgewing. Die volgende vergadering is Woensdag 21 Maart.
Navrae by suster Kamaretha Beckert (021-871-1808) of Gerrit Malan (021-871-1389).
More
News
|