Leer meer oor kanker
2007-02-15
DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) beplan ’n opleiding vir vrywillige werkers gedurende Maart op Pniel.
Dit is nou jou kans om betrokke te raak en ’n verskil in jou gemeenskap te maak.
As jy bereid is om een uur per week as vrywilliger te werk, kan ons jou gebruik.
Kursusgangers sal inligting omtrent kanker ontvang met die fokus op voorkoming en vroeë opsporing.
Daar sal van kursusgangers verwag word om hierdie inligting in die gemeenskap te versprei.
Die volgende aspekte sal behandel word: Wat is kanker?, waarskuwingstekens, diagnose en behandeling, borskanker, servikale kanker, prostaatkanker, testikulêre kanker, velkanker, tabak en verwante siektes, asook dieet-verwante kankers.
Kansa is spesifiek op soek na mense woonagtig in Pniel, Kylemore, Lanquedoc, Simondium, Groot Drakenstein en Franschhoek areas.
Indien u meer wil leer omtrent kanker en ’n bydrae in u gemeenskap wil lewer, skakel Mareé Lambrechts by 021-876-3589 (k) voor 2 Maart.
Laat u naam en telefoonnommer op die antwoordmasjien en hulle sal u so gou moontlik skakel.
More
News
|