Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroue vat die verfkwas

Vroue vat die verfkwas
 
2007-02-22


“HIERDIE verwery is heel anders as net kosmaak en huishou, en ek, net soos die ander, geniet dit baie,” sê Larissa Green, terwyl sy heel behendig ou verf van ’n deur afskraap, voordat sy dit oorverf.

Sy is een van ’n groep van 21 werkers, waaronder 14 vrouens, wat tans besig is om Nederburg Primêre Skool in Paarl-Oos ’n splinternuwe baadjie te gee.

Geklee in oorpakke met verfkwaste en -rollers in die hand, is hulle in die gange en buite almal besig met opknappingswerk. Dit is ’n geskuur en geverf vir ’n vale.

Deel van die werk is ook om verweerde fassie-borde en stukkende deurslotte te vervang en om die algemene onderhoud aan die skoolgebou te doen.

“Hierdie werk van die vroue is eintlik deel van hul praktiese opleiding, maar hulle ontvang R50 per dag. Dis deel van ’n werkskeppingsinisiatief wat deur die Departement van Arbeid geborg word, aangevra deur die Departement van Vervoer en Publieke Werke en bestuur deur Mentoring en Management Services Beslote Korporasie,” sê instrukteur Cecil St Clair.

Volgens hom ondergaan die groep vaardigheidsopleiding vir ’n jaar.

Die harde vaardigheidsopleiding van projek 512 en 513 sluit bouwerk,
teëlwerk, loodgieterswerk en dissipline op die bouperseel in en is ’n inleidende kursus.

Daar is ook “sagte” vaardigheidsopleiding wat teorieklasse in Lewensoriëntering en HIV/Vigs behels. Studente ontvang ’n sertifikaat aan die einde van hulle kursus.

“Ek is baie bly dat die skool hierdie mense die kans bied om iets te verdien terwyl hulle ook iets leer,” sê dankbare skoolhoof Edward Daniels.

“Dis mos presies wat die rol van die skool is en terselfdertyd slaan ons sommer twee vlieë met een klap. Dit wys nou net wat harde werk kan doen, want die skool lyk al klaar heelwat anders.”



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za