Rekenaargeld weg, jong sakeman gesoek
2007-02-22
DIE polisie is op soek na ene Marius van den Berg (28) vir beweerde bedrog met gelde vir rekenaars wat glo nooit verskaf is nie.
Van den Berg het ’n besigheid, Repkor Maestro, te Hoofstraat 52, Wellington, bedryf. Hy het op die perseel gewoon nadat hy voorheen woonagtig was te La Perlawoonstelle 3, Suider-Paarl.
Die verdagte het na bewering gelde ingevorder met die belofte om rekenaars aan kliënte te verskaf. Die rekenaars is nooit ontvang nie.
Van den Berg bestuur ’n bloukleurige Fiat Uno, met die registrasienommer CHT 614 FS.
Inligting sal deur die ondersoekbeampte, insp Hein van der Spuy (021-873-1141/2), ontvang word.
More
News
|