Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wrede aanval

Wrede aanval
 
2007-02-22


’n LEGENDARIESE Paarliet is verlede Woensdagmiddag ernstig beseer toe sy deur ’n onbekende man aangeval is vir ’n skamele R200.

Rita du Plessis (beter bekend as Rita Mandjies), die jarelange verskaffer van rottangware in die Paarl, is deur ’n man in haar winkel in Versterstraat genader wat voorgegee het dat hy ’n rottang-sitkamerstel wil koop.

“Hy het gesê dat hy later die middag sou terugkeer met sy vriendin, maar het omstreeks drie-uur weer alleen by die winkel aangekom,”
vertel die pimpel en pers geslaande vrou van 83 jaar.

“Ek was reeds agterdogtig, want die vorige dag het hy ook by my
winkel rondgehang, maar het spore gemaak toe ’n vriend van my daar aangekom het.

“Toe hy terugkeer, het hy verduidelik dat sy vriendin eers later sal kom. Hy het vir my ’n stukkie koerantpapier gegee met ’n telefoonnommer daarop.

“Ek het omgedraai om die nommer op ’n tafeltjie neer te sit. Dit is die laaste wat ek kan onthou.

“Toe ek weer bykom, was ek besig om die bloed van my gesig af te vee.

“Ek was baie deurmekaar en het glad nie geweet wat gebeur het nie.

“’n Klant het binnegekom en hy het groot geskrik toe hy my bebloede gesig sien. Hy het na my bure gehardloop en die ambulans
is ontbied.”

Rita het menigvuldige kop- en gesigbeserings opgedoen, asook ’n gebreekte arm. Slegs R200 is uit haar handsak gesteel.

Du Plessis laat haar egter nie stuit deur die beserings nie.

“Ek kan nie heeldag so lê nie,” sê sy vanuit haar siekbed. "Ek moet
werk toe gaan, daar is mense wat op hul bestellings wag.”

Rita bestuur reeds 47 jaar haar rottangbesigheid in die Paarl en is hier byna so bekend as Paarlberg.

“Amper ’n halfeeu lank dien ek die mense van die Paarl en nog nooit is ek so aangeval nie.

"Net een keer, toe my besigheid nog in Hoofstraat was, het ’n man my probeer aanval, maar ek was te slim vir hom. Ek sal maar in die toekoms meer op my hoede moet wees, maar werk moet ek werk.”

* A Paarl shopkeeper (83) was brutally attacked in her shop by a robber.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za