Vyf plaaslike fietsryers gekies vir SA spanne
2007-02-22
VYF plaaslike fietsryers is in die nasionale spanne opgeneem na afloop van die proewe wat onlangs op die Bellville Velodrome gehou is.
Garth Thomas wat vir die CSC/Marcello span ry, is in die SA Elite-span opgeneem.
Marius Bester (Paarl Fietsryklub) en Robin November (Rhadsport) is in die SA Junior-span opgeneem, terwyl Durwin Benjamin en Ivano Siebritz in die SA Federasie-span plek gekry het.
Reniell Matthysen ook van die Paarl is ook in die Federasie-span opgeneem. Hy het egter geval tydens die proewe en moes 30 steke in sy rug kry.
Aangesien sy beserings hom nie sou toelaat om voldoende vir dié byeenkoms voor te berei nie, het Matthysen homself uit die span onttrek.
Siebritz het hom in die span vervang.
Matthysen hoop om nou weer sy beste vorm te bereik vir die SA Baankampioenskap wat in April plaasvind.
Hy het in die vorige twee jaar as junior ‘n handvol goue medaljes by die byeenkoms losgery. Vanjaar neem hy egter as ‘n Elite ryer deel en volgens Reniell sal dit ‘n “leerskool wees.”
Nog ‘n Paarliet, Elrick Kulsen, is as die bestuurder van die SA Elite-span aangewys.
Dis nasionale spanne jaag op 9 Maart in Bellville teen spanne van Duitsland, Switserland, Kazakstan en Nederland.
More
News
|