Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stoei-broers bring medaljes huis toe

Stoei-broers bring medaljes huis toe
 
2007-02-22


DIE plaaslike stoei-broers, Coenraad en Beyers de Villiers, het albei medaljes verower tydens die SA Graderingstoernooi wat onlangs op Ermelo gehou is.

Coenraad het in die gewigsklas 74kg-84kg en bo 17 jaar goud verower in beide die Grieks-Romeins en Vrystyl afdelings.

Kleinboet Beyers het in die o.17 63kg-69kg ’n brons medalje ingepalm in die Vrystyl-afdeling.

Coenraad is ook in die SA stoeispan opgeneem wat einde Maart in Egipte aan die internasionale Ibrahim Moustafa toernooi gaan deelneem. Hy sal in die Grieks-Romeinse stoeidissipline deelneem.

Hy sal ook Suid-Afrika in die Vrystyl-afdeling verteenwoordig tydens die Senior Afrika Stoeikampioenskap wat in Mei in Kairo, Egipte, plaasvind.

Albei broers stoei vir die Genesis Stoeiklub wat voorheen as die Durbanville Stoei-akademie bekend gestaan het.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za