Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Worcester lyk goed in padwedlope

Worcester lyk goed in padwedlope
 
2007-02-22


NA afloop van twee padwedlope blyk Worcester Atletiekklub die gunsteling in die Boland te wees.

Worcester Atletiekklub wat vanjaar met twee spanne in die Boland Padwedlope-liga deelneem, loop reeds voor in vier van die vyf afdelings.

Die posisies in die onderskeie afdelings is:
(Senior Mans) Rowan Prins (Robertson, 17 punte), Richard Nozingo (Worcester, 9 punte), Tumisong Thibosong (Worcester, 7 punte). (Senior Vroue): Ena Gous (Worcester, 12 punte), Steyntjie Prins (Paarl, 7 punte), Maryna Bingle (Hexvallei, 5 punte), Marlene Stofberg (Worcester, 5 punte). Junior Mans: Hillroy Slinger (Worcester, 7 punte), Nathan Matthysen (Worcester, 5 punte), Abraham Munewz (Robertson, 4 punte). (Junior Vroue) Ronel Moses (Worcester, 7 punte), Christine Bester (Ceres, 5 punte). (Spankompetisie) Worcester AK (10 punte), Ceres AK (6 punte), Korrektiewe Dienste (5 punte).

Die derde ligawedloop vind Saterdag 10 Maart by die Gene Louw Sportsentrum op Moorreesburg plaas.

Atlete kan in die 10km of marathon wedlope punte insamel vir hul onderskeie spanne.

Klubs wat tydens dié wedlope punte wil inpalm, sal egter moet verseker dat minstens ses atlete van hul klub die onderskeie wedlope voltooi.

Daar moet ook gelet word dat slegs atlete wat Boland Atletieknommers dra tydens die wedloop, in aanmerking sal kom vir ligapunte.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za