Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen wen vir Peoples se Tiere

Geen wen vir Peoples se Tiere
 
2007-02-22


DIE spanne van Young Peoples Krieketklub het die naweek gemengde welslae behaal.

Die Tiere het Saterdag ‘n groot skrobbering gekry toe Maties hulle op Stellenbosch met tien paaltjies geklop het.

Die besoekers is vir ‘n skamele 96 lopies uitgehaal, met die draaiboulwerk van Dennis Hobsen (6/12 in 15bb) wat verwoesting saai.

Edwin Jacobs (35 4x3) en Mark Borchards was die enigste Peoples-kolwers wat ‘n noemenswaardige telling kon aanteken.

Die studente behaal die wenlopies reeds in die 17de beurt, vyf minute voor die middagete-pouse.

Sondag het Peoples heelwat veggees en durf gewys om ‘n onbesliste uitslag teen Paarl Krieketklub af te dwing.

Peoples kolf eerste op Daljosafat Stadion en behaal ‘n goeie 237/8 in hul toegelate 60 boulbeurte.

Die tuisspan se grootste uitblinker is Dominic Daniels wie se onoorwonne 100 lopies van slegs 127 balle, nege grenshoue en vier sesse ingesluit het.

Hy is goed bygestaan deur Eltin Buziek (39 4x6) en Wade October (38 4x6).

Paarl se kolwers het deurgaans die teiken gejaag, maar gereeld paaltjies verloor.

Paarl eindig sy 60 beurte op 216/8.

Carlo Crotz (96 4x8, 6x2) was die besoekers se beste kolwer, terwyl Hubert Ontong (3/25 in 15bb) goed geboul het vir Peoples.

Peoples II het in ‘n baie spannende wedstryd met tien lopies teen Paarl-Oos II (167) verloor.

Ainsley Anderson (6/23 in 15bb), Wayne Jacobs (2/49 in 14bb), Jarier Alexander (2/26 in 15bb) was Peoples se beste boulers.

Vir Paarl-Oos het Bjorgen Hollenbach (49 4x7) goed gekolf.

Peoples was op 90/6 in die moeilikheid, maar ‘n goeie vennootskap tussen Wendyl Wilson (40 4x5, 6x2) en Alexander (25 4x4) bring hulle op 157/10, met ‘n enkele boulbeurt oor.

Justin Watts (3/23 in 15bb) was Paarl-Oos se beste bouler.

Peoples III (260) het ook sy goeie vorm voortgesit en Spes Bona
(140) op Stellenbosch met 120 lopies afgestof.

Herschelle Barron (89 4x10) en Ryan Davids (45 4x7 en 6/30 in 16bb) was Peoples se beste spelers.

Saterdag speel Peoples I weg teen Oostelikes, Peoples II tuis teen Van der Stel en Peoples III tuis teen Atlantis III.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za