Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier laat Paarl-Oos se kolwers bloedrooi bloos

Bergrivier laat Paarl-Oos se kolwers bloedrooi bloos
 
2007-02-22


DIE eerste span van Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag op Weltevrede groot skandes gemaak toe hy met 89 lopies teen Bergrivier Krieketklub verloor het.

Die tuisspan teken 149 aan nadat Garth Abrahams (32 4x3) en Marquin Julies (64 4x6, 6x1) onder die boulers inklim.

Garth Fortuin (3/36 in 10bb), Zynodien Fredericks (3/38 in 15bb) en Waylin September (3/36 in 15bb) was die besoekers se beste boulers.

Oorhaastige en ondeurdagte kolfwerk deur die Paarliete het beteken dat hulle in die 35ste beurt weer almal terug in die kleedkamer was,
met ‘n skamele 60 lopies op die telbord.

Ná die patetiese vertoning met die kolf, is die druk nou kwaai op die Paarl-Oos span. Die span moet al vyf sy oorblywende wedstryde
wen as hy die Boland Premier Skild-kompetisie wil wen. ‘n Ligpunt is
dat al vyf wedstryde op sy tuisveld gespeel sal word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za