Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimmie-span kraai koning by Top 20

Gimmie-span kraai koning by Top 20
 
2007-02-22


ATLETE van die Hoërskool Paarl Gimnasium het weer die skool trots gemaak tydens die onlangse Engen Top 20 Atletiekbyeenkoms wat in Bloemfontein gehou is.

Vanjaar was die vyfde keer dat Gim aan dié byeenkoms deelgeneem het.

‘n Totaal van 31 skole het deelgeneem, met Gim wat die gemengde kompetisie gewen het. Die Gimmies (12479 punte) het in die proses Welkom Gimnasium (11495 punte) en Hoër Volkskool (11458) in die afdeling geklop.

Gim se seunspan was vyfde onder die seuns terwyl die meisies net-net in die tweede posisie geëindig het, na Bloemhof.

Paarl Gim was algeheel derde, met La Rochelle 19de en Boland Landbou 20ste.

Onder die meisies het Ilze Liebenberg die o.19 verspringrekord verbeter met haar sprong van 5,60m. Ronel Erasmus het die hoogspring met ‘n hoogte van 1,60m gewen.

Tweede plekke is behaal deur Ronel Erasmus (vs 4,89m), Jean-Marie Senekal (90mH 13,84s), Ilze Louw (sw 33,24m), Stephanie Mostert (ds 10,06m), Sunette Jacobs (100mH 16,17s) en Drikus Viljoen (vs 6,39m).

Gim se seunspan bestaan uit Ryno Swanepoel, RJ Kellerman, Christiaan Norman, Drikus Viljoen, Martin Barnard, JR Esterhuizen, Charl Nel, Luqmaan Ismael, Ronald Hendricks en Christopher Bosch.

Die meisiespan is Stephanie Mostert, Sunette Jacobs, Marése Stofberg, Ilze Liebenberg, Ann-Louise Spreeth, Ansie Laubscher, Jean-Marie Senekal, Ronel Erasmus, Ilze Louw en Jani Smit.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za