Kunskalender
2007-02-22
Oesfees: Van 23 tot 25 Maart word die eerste Wellington Wynroete Oesfees aangebied. Kaartjies teen R30 kan gekoop word by alle deelnemende plase en verleen besoekers toegang tot enige kelder vir die duur van die Fees en sluit ‘n komplimentêre wynproe in. Besprekings word aanbeveel. Besoek www.wellington.co.za of skakel 873-4604 vir nadere besonderhede of stuur ‘n e-pos aan wine@wellington.co.za.
Cultivaria: Die Cultivaria fees (20-24 September) soek na ’n voorbladontwerp vir die Cultivaria tydskrif. Kunstenaars van Drakenstein word gevra om voorstelle in foto-formaat in te dien vóór 23 Februarie. Die organiseerders nooi ook alle skole, kerke en organisasies om by die fees betrokke te raak deur produkte of dienste te verskaf. Kontak Heinrich von Wielligh (021-872-9754) of info@cultivaria.com.
La Motte concert: On Saturday, Beau Soleil Piano Quartet performs with Farida Baccarova (violin), Marina Louw (viola), Cherly de Havilland (cello) and Sandra Kettle (piano). They perform compositions of, inter alia, Mozart and Fauré for this distinctive combination. Concert starts at 19:00 in the historic cellar on La Motte, R45 Main Road, Franschhoek Valley. Admission: R110 with Angela on 021-876-3119 or at the La Motte tasting venue. Visit www.la-motte.com.
Oude Libertas: ’n Besonderse kamermusiekprogram uitgevoer deur Suid-Afrikaanse en Europese musici ten bate van die Ikaya-sentrum in Kayamandi vind op 28 Februarie plaas by Oude Libertas. Met Felicitas Fuchs (sopraan), Tyler Duncan (bariton), Sebastian Theile (klarinet), Erika Switzer (klavier), Markus Becker (klavier), Nils Mönkemeyer (viola), Florian Meierott (viool) en Human Coetzee (tjello).
Rockfees: Audiomatik Events hou die Ramfest op 2 en 3 Maart by die Nekkies vakansie-oord op Worcester. Ramfest bring twintig van die land se top rock kunstenaars en bands bymekaar vir ’n naweeklange fees van harde rockmusiek. Kaartjies is R149 vooraf of R169 by die deur.
Stories: ‘Oom Schalk’ is ’n aand van stories en tradisionele kos op Vrydag 2 Maart om 19:00 by The Riverside, Franschhoek. Bespreek by 021-874-2058 of e-pos theriverside@iafrica.com.
André Schwarts: Dié bekende sanger tree op 9 Maart in die Bellville Burgersentrum op ten bate van die Andries Olivier-sentrum. Kaartjies teen R60 beskikbaar van Cobus Groenewald, 021-975-0914 of 084-925-0914.
Oude Libertas: Nianell in Life’s Gift is op 2 en 3 Maart op die Oude Libertas program. Nianell kombineer verskeie style om haar eiesoortige, eklektiese musiek te skep. Kaartjies by Computicket.
More
News
|