Inspirational Songs
2007-02-22
DIE Paarlse sangeres Marissa van Zyl bied Dinsdagaand ‘Wind beneath my Wings’ aan in Paarl Gim se ouditorium.
Die tema is inspirasie en alle fondse ingesamel is ten bate van die verlamde skolier Eon Pace.
Op 1 Oktober verlede jaar het dié 14-jarige seun se hele lewe verander toe hy met sy kop in ’n sandbank vasgeduik het en ’n nekwerwel gebreek het.
Kom luister na Marissa, met gasoptredes deur Jonelia van Tonder en Jaco Stander, op 27 Februarie, om 19:00 vir 19:30 in Paarl Gim se ouditorium.
Kaartjies teen R30 is beskikbaar by tel 083-413-0119.
More
News
|