Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jonk, jonger, Johnny

Jonk, jonger, Johnny
 
2007-02-22


DIE tyd het aangebreek om die waarheid in die oë te kyk. Maak nie saak wat jou ouers jou vertel het nie, op Saterdag 10 Maart sal jy sien dat Johnny jonger is as wat almal jou vertel het.

Johnny Clegg en Freshlyground gaan die Paarl skud.

Dis reg, die Paarlse Amfiteater gaan kreun onder die 12 ton se klank en beligtingstoerusting, wat tesame met æn kragopwekker al die pad vanaf Johannesburg ingevoer word vir dié grootse gebeurtenis.

Nie net is dit die duurste vertoning wat nog ooit “oppi berg” gehou word nie, ’n volle R400 000, maar dit is ook by verre die grootste.

Groter klank, meer beligting, meer kos- en wynstalletjies asook die pendeldiens deur Laerskool Courtrai sorg vir baie eerstes.

Freshlyground, wat onlangs die MTV-toekenning ontvang het as beste groep uit Afrika, en wat bekend is vir liedere soos Doo Bee Doo, gaan die skare vermaak met hul ritmiese vertoning.

Ná die kort breuk, gaan Clegg wys hoekom hy as die “wit Zulu” bekend staan, met treffers wat strek oor sy drie dekade-loopbaan.

Nie net gaan hy ou bekendes soos Scatterlings of Africa sing nie, maar ook liedere van sy nuutste album, One Life.

Alle besprekings kan gedoen word by Computicket Paarl, of skakel 083-915-8000.

Kaartjies kos slegs R100 tot R150 en daar is slegs 1827 kaartjies nog beskikbaar vir die 4000-sitplek amfiteater.

Slegs mense wat belang stel om stalletjies te bespreek, kan Gerard Frater skakel by 082-890-5156.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za