Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike skrywer vertel

Plaaslike skrywer vertel
 
2007-02-22


DIE skrywer Petro Rhode stel op 2 Maart ’n CD
met haar verhale, getiteld Ontvlugting, tydens ’n skrywersaand in die Paarl bekend.

Petro, ’n boorling van die Paarl, het reeds verskeie verhale in koerante en bundels gepubliseer en tree gereeld tydens skrywersaande op.

Sy skryf reeds van jongs af en is ’n bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV).

Dramas uit haar pen word gereeld op die planke gebring en sy het ook al haar staal as aktrise bewys.

Sy is genooi om vanjaar tydens die Woordfees op Stellenbosch aan ’n program, getiteld Woordkaros, deel te neem saam met ander gevestigde en opkomende skrywers.

Petro het onlangs die “Kraakvars-nuusblad” begin, met die oogmerk om aan veral aspirant-skrywers die geleentheid te bied om hul werk in ink te sien.

Die nuusblad sluit onder andere skryfwenke deur gevestigde skrywers in.

Die bekendstelling vind op Vrydag 2 Maart om 19:00 by die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan, Paarl, plaas.

Kaartjies kos R25 en is beskikbaar by Petro Rhode by 021-862-3636 (n/u), 076-304-9627 of plmrhode@yahoo.com. Kaartjies is ook by die Taalmuseum beskikbaar.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za