Musiek by mark
2007-02-22
DIE Drakenstein Feesmark vind plaas op Vrydag 2 Maart op die terrein van die NG Kerk Drakenstein in Denneburg.
Daar gaan deurlopend optredes wees deur musikante en toegang is gratis. Die optredes begin om 10:00 en die gaskunstenaar, Karin K sal van 19:00 optree.
Studente van La Musique en Marinda Hunter musiekskool gaan ook optree. Verder is daar ook optredes deur Andre Myburgh, Vonkprop, Mimi Haasbroek en Nartjie.
More
News
|