Fiesta by Wingerdfees
2007-02-22
VOLGENDE naweek is dit Paarl Wingerdfees - die fees met gees. Die organiseerders sê hulle ondervind ongekende belangstelling.
Die fees vind op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart in die Faurestraat-stadion plaas, met Zain Johnson as seremoniemeester.
Franci Swanepoel, Marius van de Wall en Andy Freeman van Fiesta Kyknet, kom ook van Gauteng om die fees op film vas te lê.
Toegangskaartjies teen R80 (studente R50, kinders R40) is beskikbaar by Computicket, Mulder Properties (langs Meulstraat Biblioteek), Musiklood, Pêrel Sport, Paarl Rugbyklub, Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Gimnasium en op Wellington by Jackie, 082-874-4026. Enkele VIP-kaartjies teen R250 per dag is ook beskikbaar.
Vrydag maak die hekke om 15:00 oop en die program begin om 18:00 met Alana, gevolg deur die Jakkie Louw Band (19:00), Kurt Darren (20:15), Nicholis Louw (21:45) en Christo & Cobus (23:00), wat tot 24:00 optree.
Saterdag open die hekke reeds om 10:00. Die hoofprogram begin om 18:00 met Hugo & Orkes, die Campbells (19:15), Juanita du Plessis (20:30), Thys die Bosveldklong (21:45) en Jakkie Louw Band (23:00). Buiten die hoofverhoog, sal daar Saterdag vanaf 11:00 ook ’n tweede verhoog wees met Boere Orkes, Ronnie Apollis (12:20), Louisa (13:15), Waldo (13:50), Alana (14:25), Dikazzinz (15:15), Hoppalongcasidy (15:55), Dikazzinz (16:30) en Vosa Reyneke (17:05).
Navrae by Leoni by 082-728-9729.
Wen kaartjies: Vier lesers van Paarl Post kan elk 'n kaartjie wen. E-pos die antwoord op die volgende vraag na kuns@paarlpost.co.za, voor Maandag 13:00.Vraag: wanneer word die Wingerdfees aangebied?
More
News
|