Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions skrik nie vir grootte

Albions skrik nie vir grootte
 
2005-05-12


DIE Albions Rugbyklub kon Saterdag die swaar pak voorspelers van Primrose genoegsaam neutraliseer om 20-7 (3-7) te wen.

Primrose was die eerste span om punte aan te teken.

Die voortdurende druk wat die tuisspan uitgeoefen het, het egter veroorsaak dat die besoekers strafskop na strafskop afgestaan het.

Dit is dan ook ’n skop tussen die pale deur Dominic Daniels (skrumskakel) wat Albions se eerste punte op die bord gesit het.

In die tweede helfte het die Paarliete meer gebiedsvoordeel begin geniet, grotendeels danksy die uitblinkspel van Edgar Arendse.

Dié stut se kwaliteit-stormlopies, klipharde verdediging en goeie ondersteunende spel in die vaste fasette het hom dan ook die speler-van-die-wedstryd-toekenning besorg.

’n Strafskop deur Daniels het Albions stadiger laat naderkruip, maar dit was in die laaste kwartier dat die wedstryd finaal gedraai het.

Met die Paarliete wat die krane behoorlik oopmaak, is dit eers Jenovan Cornelissen (flank) wat onder die pale druk en Daniels wat verdoel.

Die finale spyker in Primrose se doodskis was ’n stukkie briljante individuele spel deur Morné Goetham (agsteman).

Goetham kry die bal in die hande nadat Roger Uren ’n beweging aan
die gang sit. Goetham gee ’n tikskoppie oor die teenstanders se koppe, kry die bal weer in die hande en druk ’n aanskoulike drie onder die pale om sy span se sege te verseker.

Daniels slaag weer met die doelskop om die 20 punte vol te maak.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za