Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kerkman vereer

Kerkman vereer
 
2007-02-22


DIé WELLINGTONNER het ’n ver pad geloop - van ’n eerste optrede in ’n ouetehuis tot vandag as wenner van die ATKV se Liertoekenning.

Neil Büchner (32) is die naweek bekroon as beste nuweling in Afrikaanse geestelike musiek, beste manlike kunstenaar en met die beste nuutgeskrewe lied.

Dit was op Stellenbosch Universiteit 12 jaar gelede, toe Büchner en musiekvriende Son of Rain sou begin, ’n groep geskoei op die jong punk rock groep die Springbok Nude Girls.

Dit was toevallig ook dié tyd dat die sportman Jaco Taute in die manskoshuis getuig het ná sy genesing van bloedkanker.

“In sy getuienis het hy gesê mens moet jou talente gebruik vir God.
En dis toe dat die Here my op ’n lewenspad gevat het om my roeping uit te leef,” sê Büchner vandag.

Sy eerste optrede in die arena van Christelike musiek, solo met ’n kitaar in ’n ouetehuis, was glo nie juis suksesvol nie.

“Hulle het gedink die klank is veels te hard,” glimlag die vriendelike musiekmens.

Die Son of Rain het wel gemanifesteer, maar sonder Büchner. Hy en vyf ander het die gospelgroep Merchant Seal gestig.

Vyf jaar gelede is Neil met dominee Lettie getroud, leraar van die NG Moederkerk op Wellington. Hyself behartig die musiekbediening in die gemeente.

In Oktober het hy sy eerste solo CD, Element, vrygestel. Hy skryf musiek wat alledaagse gesprekke tussen God en die mens weergee.

In sy lied “Anders”, wat as beste nuutgeskrewe lied aangewys is by die Liertoekennings, word God as “jy” aangespreek, nie minagtend nie, maar soos die komponis ’n verhouding met God verpersoonlik.

Vir Neil Büchner is daar ook dinge wat anders is ná die naweek - die blink toekenning op die rak, ja, maar veral die dankbaarheid vir die groot eer en dan die trots van die gemeentelede van Wellington.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za