Manne-aand
2007-03-01
OP Donderdag 22 Maart hou die ATKV-tak op Wellington weer sy jaarlikse manne/jagtersaand by die Flappie Lochner-saal by Boland-stadion.
Die spreker is Dawie Snyman, 4x4-kenner en rubrieksrywer van die Buitelug Burger. Hy is ook ‘n bekende 4x4-toerleier.
Hiermee saam gaan ‘n ete (halwe hoender) en ‘n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Daar gaan ook ‘n paar prystrekkkings wees en die wenners kan onder meer ‘n naweek by Goudini, ses maande se inteken op Weg en ‘n jaar inskrywing op die Taalgenot wen.
Die opbrengs van die aand is ten bate van die manne-sitkamer by Silwerkruin ouetehuis, Die sitkamer benodig ‘n opradering en ‘n TV-sel – onder meer vir Stormers-rugby.
Kontak Johan (083-459-1872) of Albert (083-644-0434) vir kaartjies.
More
News
|