Toringkerk word 100
2007-03-01
DIE Toringkerk se eeufeesvieringe skop dié naweek af met ’n feesdiens in outydse klere wat Sondagoggend 09:30 by die kerk gehou word.
Die gemeente is in 1875 gestig as die tweede NG kerk in die Paarl. Kerkdienste is eers by Laerskool Gimnasium gehou, waarna ’n klein kerk gebou is.
Die eintlike Toringkerk met sy 57m hoë kenmerkende toring is eers later gebou en in 1907 voltooi. Die gebou is in 1982 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Dié naweek se verrigtinge is net die begin van verskeie feesvieringe wat deur die jaar sal plaasvind. Lidmate word gevra om Sondag se diens by te woon in outydse klere soos hoede en onderbaadjies.
Daarna sal ’n Bybelse ete om 12:00 in die kerksaal gehou word.
Kaartjies vir die ete kos R50 en is beskikbaar by die kerkkantoor. Vir navrae, skakel 021-872-6730.
More
News
|