Dieners leer swem
2007-03-01
EK wil lede van die brandweer, ambulans en polisie help om hul swemvaardighede te verbeter en hulle meer positief in te stel.
So praat Marcell Cilliers, ‘n swem-instrukteur van die Paarl, wat nou vier lede van elke instansie deur ‘n gratis opleidingsessie bystaan.
“Met meer positiewe manne en vroue in ons magte glo ek sal daar net beter verhoudings wees en goeie werk gelewer word.”
Swemmers word in vryslag en rugslag opgelei.
“Die klasse sal hulle selfvertroue in die water gee en hulle sal ook weet om ander swemmers te help.”
Kontak Marcell by 073-335-3178.
More
News
|