Twee grotes in die Paarl
2007-03-01
TWEE groot name in Suid-Afrikaanse rock en ballades, Piet Botha en Koos Kombuis, tree in Maart op by die Paarl se jongste vermaakvenue, Waterpoel.
Piet Botha van Jack Hammer faam (al 23 jaar aan die gang) en Andre Letoit (oftewel Koos Kombuis) is musikante wat die storms van die Suid-Afrikaanse musiekwęreld oorleef en selfs help vorm het.
Piet Botha en Johnathan Martin (voorheen bekend as Piet and the Kid) lewer ‘n akoestiese vertoning op 10 Maart.
Koos Kombuis en sy bottel Beyerskloof is daar op 17 Maart.
Kaartjies kos R120 per kop en sluit ‘n heerlike smulbord in. Besprekings by Trudy, 082-896-9863.
More
News
|