Vars klanke met Freshlyground
2007-03-01
DIE samevoeging van Karoo, Mosambiekse, Zimbabwiese en Oos-Kaapse elemente, het verseker dat Freshlyground ‘n unieke en vars klank na die musiekwęreld kon bring.
Só vars was hierdie klank dat dit aan hulle die MTV-toekenning vir beste Afrika-groep besorg het. Die beplanning is dat hulle later vanjaar ‘n węreldtoer sal onder-neem na die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Italië, Duitsland en België.
Paarliete hoef nie bekommerd te wees nie, want op 10 Maart het hulle die geleentheid om hierdie fantastiese groep musikante te sien, by die Paarlse Amfiteater.
Freshlyground is nie die enigste groep wat die aand sal optree nie. Johnny Clegg gaan ook die kranse laat antwoord gee met klanke van sy nuwe CD, One Life en treffers soos Kilimandjaro en Impi.
Konsertgangers kan uitsien na heerlike kos- en wynstalletjies, wat reeds vanaf 16:00 oop sal wees vir besig-heid, dus sal daar geen piekniek-mandjie toegelaat word nie.
Kaartjies kos tussen R100 en R150 en is beskikbaar by Computicket, Paarl of 083-915-8000.
More
News
|