Musiekfees by Drakenstein Feesmark
2007-03-01
DIE Drakenstein Feesmark is Vrydag op die terrein van die NG Kerk Drakenstein in Denneburg.
Tydens die verrigtinge gaan daar deurlopend optredes wees deur musikante en toegang is gratis. Die optredes begin om 10:00 en die gaskunstenaar, Karin K sal van 19:00 optree.
Studente van La Musique en Marinda Hunter musiekskool gaan ook optree.
Verder is daar ook optredes deur Andre Myburgh, Vonkprop, Mimi Haasbroek en Nartjie.
More
News
|