Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die fees met gees

Die fees met gees
 
2007-03-01


UITEINDELIK is dit hier: die fees met gees!

Môre en Saterdag loop alle paaie na Faurestraat-stadion vir Paarl Wingerdfees.

Hoewel daar moontlik reën kan val Saterdagaand, is die organiseerders nie bekommerd nie.

“Ons het baie plek op die pawiljoen, en verder sal ons tente opslaan vir feesgangers.”

Mense wat nog nie kaartjies het nie, moet spring.

Toegangskaartjies teen R80 (studente R50, kinders R40) is beskikbaar by Computicket, Mulder Properties (langs Meulstraat Biblioteek), Musiklood, Pêrel Sport, Paarl Rugbyklub, Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Gimnasium en op Wellington by Jackie, 082-874-4026.

Vrydag maak die hekke om 15:00 oop en die program begin om 18:00 met Alana, gevolg deur die Jakkie Louw Band (19:00), Kurt Darren (20:15), Nicholis Louw (21:45) en Christo & Cobus (23:00), wat tot 24:00 optree.

Saterdag open die hekke reeds om 10:00.

Die hoofprogram begin om 18:00 met Hugo & Orkes, die Campbells (19:15), Juanita du Plessis (20:30), Thys die Bosveldklong (21:45) en Jakkie Louw Band (23:00).

Buiten die hoofverhoog, sal daar Saterdag vanaf 11:00 ook ’n tweede verhoog wees met Boere Orkes, Ronnie Apollis (12:20), Louisa (13:15), Waldo (13:50), Alana (14:25), Dikazzinz (15:15), Hoppalongcasidy (15:55), Dikazzinz (16:30) en Vosa Reyneke (17:05).

Die organiseerders sê daar sal meer gesentraliseerde wynstalletjies wees, asook ’n behoorlike kunsmark.

Vir navrae, skakel Leoni by 082-728-9729. Vra haar ook die Saterdag se potjiekompetisie.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za