Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verdagte gesoek na roof

Verdagte gesoek na roof
 
2007-03-01


DIE egpaar wat ‘n gewapende aanval in hul huis oorleef het, het ‘n skets van die aanvaller saamgestel.

Freddie en Katrin Steytler het twee weke gelede wakker geword met ‘n inbreker wat met ‘n mes oor hul bed gestaan het.

Die man was na bewering vir ‘n geruime tyd in hul huis voordat hulle wakker geword het.

Die yskas was so te sê leeg geëet en die aanvaller het die huis geplunder op soek na waardevolle besittings.

Katrin het omstreeks 03:30 wakker geskrik met die man wat oor haar gestaan het met ‘n mes op haar gerig.

Sy het geskree en Freddie het tussen hulle ingespring en die alarmknoppie gedruk. Hierna het die verdagte die pad gevat.

Hy het met twee selfone, ‘n kamera en Katrin se ringe ontsnap.
Katrin het gesê dat sy die man se gesig nooit sal vergeet nie en het self ‘n skets van hom geteken.

Die verdagte is ongeveer 1,8 meter lank, weeg 80kg, het kort geskeerde hare en ‘n stoppelbaard.

Enigiemand wat kan help met die ondersoek kan vir speur/konst Carlton Adams skakel by 021-873-1141 of 079-225-9262.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za